Doodles is ‘n maklike metode om mooi patrone te ontwerp deur middel van repeterende lyne. Dit is ‘n ontspanne en kreatiewe kunsvorm. Met die eerste oogopslag lyk ‘n Doodle ingewikkeld, maar as jy eers verstaan hoe dit gedoen word, is dit eenvoudig.
Min materiale is nodig om Doodle's te beoefen,
dit is dus 'n goedkoop maar BAIE bevredigende kunsvorm.
Daar word 2 verskillende Doodle klasse aangebied.
Klasse is 3 ure lank en kos R160 per klas.
Die klas word ten volle ingerig -
voorraad is beskikbaar in die winkeltjie.