|
Die kaartjiesdagkursus het sy ontstaan, as gevolg van die feit, dat baie van ons “onseker” voel van hoe en waar om te begin met die maak van ’n kaartjie. Die meeste van ons het nie ’n formele kunsopleiding nie en voel dat ons êrens te kort skiet.
Wel, dit is nie net vir die sogenaamde “kunstige” mense beskore om skeppend te wees nie, maar ons álmal mag die voorreg daarvan geniet.
Hierdie kursus maak die deur van onsekerheid oop en stel baie dinge in perspektief – die sogenaamde wipplank tot kreatiewe denke en baie ander skeppende aktiwiteite.
|