KAARTJIESDAGKURSUS

DV Saterdag 14 Oktober – 08h00 tot 16h00
en as daar genoeg inskrywings gaan wees ook op
DV Vrydag 13 Oktober – 08h30 tot 16h30
Die kaartjiesdagkursus het sy ontstaan, as gevolg van die feit, dat baie van ons “onseker” voel van hoe en waar om te begin met die maak van ’n kaartjie. Die meeste van ons het nie ’n formele kunsopleiding nie en voel dat ons êrens te kort skiet.

Wel, dit is nie net vir die sogenaamde “kunstige” mense beskore om skeppend te wees nie, maar ons álmal mag die voorreg daarvan geniet.

Hierdie kursus maak die deur van onsekerheid oop en stel baie dinge in perspektief – die sogenaamde wipplank tot suksesvolle kreatiwiteit.

Dis so eenvoudig soos dit: reëls, reëls en nogmaals reëls met ’n bietjie verbeelding – hoe moeilik kan dit nou wees? En hierdie reëls word nie net toegepas op kaartjies nie! Maar is ’n hulpmiddel tot kreatiewe denke en baie ander skeppende aktiwiteite.

deel hierdie nuusbrief....Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInEmail this to someonePrint this page