LAASTE GELEENTHEID KAARTJIESDAGKURSUS
DV Saterdag 24 Februarie – 08h00 tot 16h00
Die volgende persone het alreeds bespreek (plek vir nog 5 persone)
Elize Stiehler, Alrisa Lombard, Marietjie Swart, Wenny Bouwmeester en Marlyn Wibbelink
Indien jy ook nog graag wil inskryf vir die kursus,
bespreek asb voor of op Donderdag (môre)!
Tydens die Kaartjiesdagkursus gaan daar aandag gegee word aan onderstaande teorie waarna daar vooruitgewerkte pakkette uitgedeel gaan word – projekte gaan gemaak word waarby die teorie toegepas gaan word!
Nie net alleen is dit ’n dag van dink en beplan nie, maar ook ’n dag van ’n bietjie bederf. Heerlike koek en tee en ‘n ligte middagete gaan bedien word.
Die klas begin om 08h00 en eindig om 16h00 – die kostes beloop R490 p.p. wat die verversings, pakkette en klasnotas insluit.
Die klas is volledig ingerig met gereedskap, dus niks hoef saamgebring te word nie – die meeste van die goed sal beskikbaar wees in die winkeltjie en die wat wil is welkom om na die tyd daarvan aan te koop.






