MUSE ARTS & CRAFTS SE DEURE GAAN SLUIT!

Na 22 jaar se klasgee is dit met ‘n knop in die keel en ‘n tikkie hartseer dat ek aan julle moet meedeel dat Muse Arts & Crafts gaan toemaak.
Klasse uitwerk is vir my ‘n uitdaging, klasgee is my passie, my studente my vreugde en my winkeltjie my plesier…..
EK SAL DIT MIS!

Omstandighede het dit egter so gelei dat my man Jan vir homself gaan begin werk.

Hy is nou onlangs Internasionaal gekwalifiseerd as ‘n “Art Appraiser” en daarby ook is hy alreeds ‘n “Art Conservator/Restorer” – ‘n goeie kombinasie en ‘n skaars beroep in Suid-Afrika, met BAIE geleenthede.

Die werk gaan vir hom alleen te veel wees – veral die administratiewe gedeelte daarvan en afgesien daarvan gaan hy ook weens die aard van sy werk baie ruimte nodig hê….

Ons het lank daaroor nagedink en gebid – die beste oplossing gaan wees dat ek vir hom die administrasie gaan behartig en dat hy my ateljee gaan gebruik want daar is voldoende ruimte…… Dit was nie ‘n maklike besluit nie maar gesien die omstandighede, die beste oplossing.

Dit is ‘n geleentheid op ons pad geplaas waarvoor ons dankbaar is….. Vir ons albei sal dit ‘n nuwe uitdaging wees!

deel hierdie nuusbrief....Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInEmail this to someonePrint this page