INSKRYWINGS KALLIGRAFIEKURSUS 2019 – 2020

Oor minder as vier weke begin die Kalligrafiekursus!
Die spanning loop hoog en die studente wat alreeds ingeskryf het is angstig om te begin.
Die oriënteringsklasse gaan plaasvind op DV Dinsdag 5 Februarie en Woensdag 6 Februarie.

Die meeste voorrade is al hier, daar is nog net enkele items wat uitstaande is – die pakkette word amper gepak :-) Sodra dit gereed is sal ek die finale bedrag van die pakket aan julle deurgee.

Daar is heelwat studente wat alreeds ingeskryf het maar daar is darem nog ‘n paar plekke beskikbaar – sien die lys hieronder.

Dit gaan die LAASTE keer wees wat ek die Kalligrafiekursus gaan aanbied en sover my kennis strek is ek die laaste aktiewe Kalligrafie “Teacher” in Gauteng wat ‘n volledige kursus bestaande uit 9 verskillende handskrifte aanbied…..

deel hierdie nuusbrief....Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInEmail this to someonePrint this page