BLOMMERANGSKIKKING TROUTEMA
HIERDIE IS DAN NOU OOK DIE HEEL LAASTE
BLOMMEKLAS WAT AANGEBIED GAAN WORD!
BLOMMEKLAS WAT AANGEBIED GAAN WORD!
DV op Vrydagoggend 25 Oktober en weer op Sater-dagoggend 26 Oktober gaan daar ‘n blommerang-skikkingsklas aangebied word.
Almal gaan ‘n moderne “Posy”-handruiker maak, 2 Skouer-
ruikertjies, ‘n Armbandruiker, ‘n “Cupcake”-ruikertjie en
dan gaan daar ‘n Cascade-handruiker gedemonsteer word.
Die klas gaan om 08h00 begin.
Dit is ‘n 5 ure klas en die klasgelde beloop R260, dit sluit nie die blomme en benodigdhede in nie.
Die blomme, loof en ekstra benodigdhede se bedrag sal ek eers nader aan die tyd kan laat weet sodra ek alles ontvang het maar ek skat dit sal seker so in die omgewing van R230 uitwerk.






