LAASTE KAARTJIESDAGKURSUS
KAARTJIESDAGKURSUS AANGEBIED
KAARTJIESDAGKURSUS
DV Vrydag 18 Oktober – 08h30 tot 16h30
Tydens die Kaartjiesdagkursus gaan daar aandag gegee word aan ondergenoemde teorie waarna daar vooruitgewerkte pakkette uitgedeel gaan word – projekte gaan gemaak word waarby die teorie toegepas gaan word!
Nie net alleen is dit ’n dag van dink en beplan nie, maar ook ’n dag van ’n bietjie bederf. Heerlike koek en tee en ‘n ligte middagete gaan bedien word.
Die klas begin om 08h30 op die 2 Vrydae (en 08h00 op die Saterdag) en eindig om 16h30 (en 16h00 op Saterdag) – die kostes beloop R490 p.p. wat die verversings, pakkette en klasnotas insluit.
Die klas is volledig ingerig met gereedskap, dus niks hoef saamgebring te word nie – die meeste van die goed sal beskikbaar wees in die winkeltjie en die wat wil is welkom om na die tyd daarvan aan te koop.






