TERUGBLIK & SEëNWENSE DESEMBER 2016

En so het ons gekom aan die einde van nog ‘n jaar – ‘n geseënde jaar! Baie dinge het gebeur die afgelope jaar, goeie maar ook minder goeie dinge….. Ons is egter baie dankbaar dat ons Hemelse Vader ons naby was in alles wat ons gedoen het – ons voel nederig…..

Vir almal van julle wil ek baie dankie sê vir alles wat julle vir my gedoen en beteken het die afgelope jaar, vir julle belangstelling, julle vriendelikheid en veral julle ondersteuning – dit word opreg waardeer!

Hierdie Sondag vier ons Christus se geboortedag, mag dit vir julle almal ‘n besonderse en geseënde dag wees.

Die skole het gesluit en alhoewel ons nie op vakansie gaan nie, gaan ons soms uit wees. In Desember en Januarie funksioneer my winkeltjie nie normale ure nie maar julle is nog steeds welkom om my winkeltjie te besoek, skakel asb net vooraf om te bevestig of ons wel tuis is.

Selfoonnommer: 082 318 4287
Huistelefoonnommer: 012 332 1668
Muse-telefoonnommer: 012 332 0318

Julle moet die vakansietydperk geniet en lekker uitrus!

Met liefdegroete
Margo

deel hierdie nuusbrief....Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInEmail this to someonePrint this page