SKOONMA OORLEDE….. VEILIG WEER TERUG IN SA

Dit het die Here behaag om my skoonmoeder op Sondagaand 1 Januarie (terwyl Jan en ek oppad was na Nederland) tot hom te neem. Ons kon nie afskeid neem nie maar ons mag weet dat sy nou in volle heerlikheid by ons Hemelse Vader is. Sy is begrawe op Vrydag 6 Januarie (die dag waarop sy en my skoonpa in SA sou aankom…..) Dit was maar ‘n moeilike week vol emosies maar ook gevul met dankbaarheid dat ons daar kon wees vir die begrafnis, troosdiens en samesyn met al die familie (ons het afgelope nag weer tuis gekom).
deel hierdie nuusbrief....Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInEmail this to someonePrint this page